Tanganjikameer

Tanganjikameer

Die Tanganjikameer soos vanuit die ruimte gesien

Kaart van die Tanganjikameer
Koördinate:6°30′S 29°50′O / 6.500°S 29.833°O / -6.500; 29.833
Ligging:Burundi, Demokratiese Republiek van die Kongo, Tanzanië, Zambië
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:32 900 km² (12 700 myl²)
Gemiddelde diepte:570 m (1 870 vt)
Maksimum diepte:1 470 m (4 820 vt)
Volume:18 900 km³ (4 500 myl³)
Lengte:673 km (418 myl)
Breedte:72 km (45 myl)
Opvangsgebied:231 000 km² (89 000 myl²)
Invloei:Ruzizi, Malagarasi, Kalambo
Uitvloei:Lukuga
Nedersettings:Kigoma, Tanzanië
Kalemie, DRK
Bujumbura, Burundi

Tanganjikameer (Engels: Lake Tanganyika) is 'n varswatermeer in Oos-Afrika en is 673 km lank, die langste varswatermeer in die wêreld. Dit is gemiddeld 72 km breed. Dit is ook die tweede diepste meer (1 470 meter of 4 820 voet diep) ter wêreld en die grootste meer in die Groot Skeurvallei. Die meer se oppervlak is 773 meter (2 536 voet) bo seevlak, maar die bodem is 669 meter (2 195 voet) onder seevlak.

Die lande wat aan die meer grens is Zambië, Demokratiese Republiek van die Kongo, Tanzanië en Burundi, met Tanzanië (46%) en die DRK (40%) wat die meerderheid van die meer besit. Water vloei uit in die Kongorivierstelsel en uiteindelik in die Atlantiese Oseaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search