Teken (semiotiek)

In semiotiek is 'n teken iets wat oor 'n betekenis beskik wat losstaande daarvan is, en wat inligting aan die persoon kan kommunikeer wat die teken interpreteer of dekodeer. Tekens kan deur enige van die sintuie waargeneem word: sig, gehoor, tas, reuk of smaak. Die betekenis daarvan kan doelbewus wees, soos 'n woord met 'n spesifieke betekenis, of onbedoeld soos 'n simptoom wat 'n teken van 'n spesifieke mediese toestand is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search