Thermiet

'n Thermiet mengsel wat Yster(III)oksied gebruik

Thermiet is 'n pirotegniese samestelling van aluminiumpoeier en 'n metaaloksied wat 'n aluminotermiese reaksie laat ontstaan wat bekend staan as 'n thermiet reaksie. Dit is nie 'n plofstof nie maar dit kan vir kort tydjies uiters hoë temperature laat ontstaan wat op 'n klein teiken gefokus kan word.

Metale kan onder die regte toestande ook brand net soos hout of petrol. Roes is om die waarheid te sê bloot die oksidasie van staal of yster teen lae tempos. Thermiet is 'n samestelling wat die korrekte mengsel van metaalbrandstowwe om verbranding te ondersteun wanneer dit aangesteek word. Ontsteking vereis gewoonlik hoë temperature.

Die aluminium word geoksideer deur 'n ander metaal, gewoonlik ysteroksied (roes). Die produkte wat gevorm word is aluminiumoksied, vrye elementêre yster en 'n baie groot hoeveelheid warmte. Die reagense word gewoonlik verpoeier en met 'n bindmiddel vermeng om te verseker dat die materiaal bymekaar bly.

Die reaksie word gebruik in thermietsweiswerk wat dikwels gebruik word om treinspore aanmekaar te las. Ander metaaloksiede kan ook gebruik word soos chroomoksied om elementêre metaal te lewer. Koperthermiet, wat koperoksied gebruik, word gebruik om elektriese verbindings te vervaardig. Sommige thermietagtige mengsels word gebruik as pirotegniese ontstekers soos in die geval van vuurwerke.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search