Thoth

Thoth
Thoth, in een van sy gedaantes met die kop van ’n ibis.
Thoth, in een van sy gedaantes met die kop van ’n ibis.
Soort god  Egipties
God van Kennis, hiërogliewe en wysheid
Naam in hiërogliewe
G26t
Z4
A40
OF
dHwt
Z4
R8
Kultussentrum  Hermopolis
Simbool Maanskyf, papirusrol
Ouers Geen (selfgeskep),
soms Ra of Horus en Hathor
Metgesel Sesjat, Maät, Bastet of Hathor
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Thoth was in die Egiptiese mitologie ’n god wat baie belangrike rolle vervul het, soos die onderhoud van die heelal, en hy het saam met Maät langs die songod, Ra, se boot gestaan.[1] Hy is later verbind met towerkrag, skrif, die ontwikkeling van wetenskap[2] en die oordeling van die afgestorwenes.[3]

In kuns is hy dikwels uitgebeeld as ’n man met die kop van ’n ibis of bobbejaan, diere wat vir hom heilig was. Sy vroulike eweknie was Sesjat; soms was sy ook sy vrou, en ander kere Maät.[4]

Thoth se hooftempel was in die stad Chmoen,[5] wat later Hermopolis Magna genoem is.[6] Hy het ook in verskeie ander stede tempels gehad.

  1. Budge, E.A. Wallis, The Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 400
  2. Budge The Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 414
  3. Budge The Gods of the Egyptians p. 403
  4. Thutmose III: A New Biography By Eric H Cline, David O'Connor University of Michigan Press (January 5, 2006)p. 127
  5. National Geographic Society: Egypt's Nile Valley Supplement Map
  6. National Geographic Society: Egypt's Nile Valley Supplement Map: Western Desert portion.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search