Tikmasjien

'n Meganiese tikmasjien.

'n Tikmasjien is 'n meganiese-, elektromeganiese-, of elektriese apparaat, voorsien van sleutels waarmee skryftekens op papier gedruk kan word. Voor die tikmasjien uitgevind is, is briewe en amptelike dokumente deur klerke per hand geskryf. 'n Tikmasjien bevat hamertjies met lettertekens wat letters op papier vorm wanneer die hamertjies teen die tiklint voor die papier slaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search