Tim Noakes

Prof. Tim Noakes by West Point in 2009

Timothy David Noakes (gebore 1949) is 'n Suid-Afrikaanse wetenskaplike en 'n emeritus-professor in die Afdeling Oefenwetenskap en Sportgeneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is ook 'n lid van die Nasionale Navorsingstigting (Suid-Afrika), wat hom een van hul hoogstaande lede noem. [1]

Hy het meer as 70 maratons en ultramaratons gehardloop, [2] en is die skrywer van verskeie boeke oor oefening en dieet. Hy is bekend vir sy werk in sportwetenskap en vir sy ondersteuning van 'n lae-koolhidraat-hoë-vet (LCHF)-dieet, soos uiteengesit in sy boeke The Real Meal Revolution en Lore of Nutrition: Challenging Conventional Dietary Beliefs.

  1. "University of Cape Town". 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2015. Besoek op 28 Januarie 2015.
  2. "RA024 Dr. Tim Noakes: A Lifetime of Running and Research".

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search