Tiran

In klassieke politiek, is 'n tiran (Grieks: τύραννος, tirannos) iemand wat 'n magsgreep uitgevoer het en mag behou uit eie middele, in teenstelling met oorerflike of konstitusionele prosesse. Hierdie soort bewind word na verwys as tirannie (τυραννίς, turannis).

Plato en Aristoteles definieer 'n tiran as "iemand wat regeer buite die wet, kyk na sy eie voordeel eerder as dié van sy onderdane, en wat ekstreme en wrede taktieke toepas – teen sy eie mense asook andere".[1]

In algemene gebruik, dra die woord "tiran" 'n konnotasie van 'n krasse en wrede regeerder wat sy of haar eie belange, of die belange van 'n klein oligargie verhef bo die beste belange van die algemene bevolking, wat deur die tiran regeer of beheer word. Die Griekse term het geen perjoratiewe (d.w.s. negatiewe of afkeurige) konnotasie gedra tydens die Argaïese en Klassieke periodes nie, en het slegs sodanige betekenis verkry tydens die Hellenistiese tydperk.

  1. Glad, B. (2002, Maart). Why Tyrants Go Too Far: Malignant Narcissism and Absolute Power. Political Psychology, 33. Onttrek 15 Mei 2010, uit JSTOR databasis.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search