Togaars

Togaars
Gepraat in: China 
Gebied: Tarimbekken
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Indo-Europees
 Togaars
 
Skrifstelsel: Brahmi-skrif 
Amptelike status
Amptelike taal in: geen
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: txb xto, txb
Indo-Europese tale
Indo-Europese tale
Albanees | Anatolies
Armeens | Balties | Kelties
Germaans | Grieks | Indo-Irannees
Italies | Slawies | Togaars
Proto-Indo-Europees
Taal | Vereniging | Geloof
Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans
Indo-Europese studies
Togaarse manuskrip vanaf Japannese Wikipedia (moontlik ook uit die Bestand der Stiftung Preußischer Kulturbesitz in Berlyn)
Togaarse manuskrip uit die Bestand der Stiftung Preußischer Kulturbesitz in Berlyn
Houttablet met inskripsies in Togaars. Koetsja, China, 5de-8ste eeu. Tokio Nasionale Museum.
"Togaarse skenkers", met ligte hare en ligte oogkleur, 6de eeu fresko, Qizil, Tarim Bekken. Die fresko's word geassosieer met aantekeninge in Togaars en Sanskrit deur hulle skilders gemaak.

Togaars is een van die mees obskure takke van die Indo-Europese taalgroep. Dit bestaan uit twee tale, Togaars A (Togaars in engere sin – Turfaniaans, Arsi, of Oos-Togaars) en Togaars B (Koetsjies of Wes-Togaars). Die tale is van omtrent die 6de tot die 8ste eeu gepraat, voor dit uitgesterf het en hulle sprekers deur die uitbreidende Oeigoerstamme geassimileer is.

Beide tale is vroeër in die Tarimbekken in Sentraal-Asië, nou die Xinjiang-provinsie van China, gepraat. Die naam is geneem van die Togare (Grieks: Τόχαροι, "Tokharoi") van die Griekse historici (Ptolemy VI, 11, 6). Die word soms met die Yuezhi en die Kushans geïdentifiseer, en die term Tokharistan verwys gewoonlik na 1ste millennium Baktria. 'n Turkse teks verwys na die Turfaniaanse taal (Togaars A) as twqry. Interpretasie is moeilik, maar F. W. K. Müller het dit met die naam van die Baktriese Tokharoi geassosieer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search