Toring van Babel

Die toring van Babel, deur Pieter Bruegel die Ouere (1563).

Die Bybelse verhaal van die toring van Babel (Hebreeus: מִגְדַּל בָּבֶל, Migdal Bavel) in Genesis 11:1-9 verduidelik hoekom die wêreld se volke verskillende tale praat.[1][2][3]

Volgens die verhaal het ’n verenigde volk wat een taal gepraat het ná die Sondvloed ooswaarts getrek en by Sinar aangekom. Hulle het besluit om ’n stad te bou, asook ’n toring waarvan die punt tot in die hemel sou reik. God het dit gesien en verwarring in hulle taal gebring sodat hulle mekaar nie meer kon verstaan nie. Hy het hulle toe oor die aarde verstrooi.

Sommige moderne geleerdes het al die toring van Babel met bekende strukture verbind, veral Etemenanki, ’n ziggoerat in Babilon wat aan die god Mardoek opgedra was. ’n Sumeriese storie met soortgelyke elemente word in Enmerkar en die god van Aratta vertel.[4]

  1. Metzger, Bruce Manning; Coogan, Michael D (2004). The Oxford Guide To People And Places of the Bible. Oxford University Press. p. 28. ISBN 978-0-19-517610-0. Besoek op 22 Desember 2012.
  2. Levenson, Jon D. (2004). "Genesis: Introduction and Annotations". In Berlin, Adele; Brettler, Marc Zvi (reds.). The Jewish Study Bible. Oxford University Press. p. 29. ISBN 9780195297515. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  3. Graves, Robert; Patai, Raphael (1986). Hebrew Myths: The Book of Genesis. Random House. p. 315. ISBN 9780795337154.
  4. Kramer, Samuel Noah (1968). "The 'Babel of Tongues': A Sumerian Version". Journal of the American Oriental Society. Vol. 88, no. 1. pp. 108–111.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search