Totius

Totius
Prof. dr. J.D. du Toit
Totius

Naam Jacob Daniël du Toit
Geboorte 21 Februarie 1877
Paarl, Kaapkolonie,
Sterfte 1 Julie 1953 (op 76)
Potchefstroom, Transvaal
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Potchefstroom 1903–1911
Jare aktief 1903–1911 (as predikant)
1911–1949 (as professor)
Kweekskool Burgersdorp

Prof. Jacob Daniël du Toit, beter bekend as Totius (* 21 Februarie 1877 – † 1 Julie 1953), was 'n gevierde Suid-Afrikaanse en Afrikaanse digter, predikant en hoogleraar aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk op Potchefstroom. Hy is in 1877 in die Paarl gebore as die seun van S.J. du Toit, die vader van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging.

Totius het sy studie in Daljosafat (Hugenote-Gedenkskool), Burgersdorp en Amsterdam afgelê. Na sy terugkeer na Suid-Afrika het hy predikant van die Gereformeerde Kerk in Potchefstroom geword. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog was hy 'n kapelaan van die Boere. Hy het later 'n doktorsgraad in teologie aan die Vrije Universiteit Amsterdam verwerf en is aangestel as professor van die Teologiese Skool in Potchefstroom. Hy sterf in Pretoria in 1953.

Sy letterkundige nalatenskap sluit die eerste vertaling van die Bybel en die Psalms in Afrikaans in. Onder die skuilnaam Totius het hy gedigte geskryf, meestal oor sy liefde van mens, natuur en die botsende ideologie van Britse imperialisme en Afrikanernasionalisme.

Hy was getroud met Maria Postma, 'n dogter van ds. Dirk Postma van Burgersdorp uit sy vyfde huwelik (met Johanna Willemina van Biljon). Van Totius se swaers deur dié huwelik was onder andere di. Petrus Postma en Marthinus Postma, halfbroers van sy vrou, di. Dirk Postma jr. en Stephanus Postma, eweneens halfbroers, en Maria se broer, ds. Willem Postma.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search