Toulon

Toulon

Kaart Wapen
Vlag
 Land Frankryk
 Région (Admin. gewes) Provence-Alpes-
Côte-d'Azur
 Département Var
 Koördinate 43°07′N 5°55′O / 43.117°N 5.917°O / 43.117; 5.917
 Stigting 2de eeu v.C.
 Oppervlak:  
 - Totaal 42,84 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2016) 169 634
 - Bevolkingsdigtheid 3 960/vk km
 - Metropolitaanse gebied (2008) 500 000
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Hubert Falco (2014-20)
 Amptelike webwerf www.toulon.com

Toulon (Oksitaans: Tolon, Italiaans: Tolone) is die prefektuur (hoofstad) van die Franse département Var met 'n oppervlak van 42,84 vierkante kilometer en 'n bevolking van 169 634 in 2016. Die metropolitaanse gebied (Frans: aire urbaine) van Toulon het 'n bevolking van meer as 'n halfmiljoen. Die stad aan die oostelike ent van die Golf van Lion lê halfpad tussen Marseille in die weste en Saint-Tropez in die ooste. Dit is Frankryk se belangrikste vlootbasis langs die Middellandse See.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search