Tradisionele Afrika-medisyne

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Tradisionele medisyne

Tradisionele Afrika-medisyne is 'n versameling praktyke wat inheemse kruie en spiritualiteit behels, en tipies waarsêers, vroedvroue en kruiedokters in sluit. Praktisyns van tradisionele medisyne beweer dat hulle verskillende toestande kan genees soos kanker, psigiatriese afwykings, hoë bloeddruk, cholera, die meeste geslagsiektes, epilepsie, asma, ekseem, koors, angs, depressie, prostaathiperplasie, urienweginfeksies, jig, en genesing van wonde en brandwonde en selfs ebola.[1][2]

Diagnose word op spirituele wyse bereik en 'n behandeling word voorgeskryf, wat meestal bestaan ​​uit 'n kruiemiddel wat nie net genesingsvermoëns nie, maar ook simboliese en geestelike betekenis het. Daar is die oortuiging dat siekte nie afkomstig is van toevallige voorvalle nie, maar deur geestelike of sosiale wanbalans veroorsaak word. Dit verskil grootliks van moderne wetenskaplike medisyne, wat tegnies en analities gebaseer is. In die 21ste eeu bly moderne farmaseutiese en mediese prosedures ontoeganklik vir die groot meerderheid in Afrika weens hul relatiewe hoë koste en konsentrasie van gesondheidsfasiliteite in stedelike gebiede.

Voor die totstandkoming van wetenskapgebaseerde medisyne was tradisionele medisyne die oorheersende mediese stelsel vir miljoene mense in Afrika, maar die koms van die Europeërs was 'n merkbare keerpunt in die geskiedenis van hierdie tradisie en kultuur.[3] Kruiemedisyne in Afrika word oor die algemeen nie voldoende nagevors nie, en word swak gereguleer.[4] Daar is 'n gebrek aan die gedetailleerde dokumentasie van die tradisionele kennis, wat meestal mondeling oorgedra word.[5] Ernstige nadelige gevolge kan ontstaan ​​as gevolg van verkeerde identifikasie of verkeerde gebruik van genesende plante.[1]

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Helwig2005
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Times1
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Abdullahi2011
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Mills2005
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Wyk1999

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search