Triton (maan)

Triton   

’n Voyager 2-fotomosaïek van Triton se sub-Neptunus-halfrond.
Ontdekking
Ontdek deur William Lassell
Datum 10 Oktober 1846
Alternatiewe nameNeptunus I
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 354 759 km
Wentelperiode −5,876854 dae
(retrograad)[1]
Baanhelling 129,812° (tot ekliptika)
156,885° (tot Neptunus se ewenaar)[2]
129,608° (tot Neptunus se wentelbaan)
Satelliet van Neptunus
Fisiese eienskappe
Gem. radius 1353,4 ± 0,9 km[3]
(0,2122 aardradiusse)
Oppervlakte 23 018 000 km2
Volume 10 384 000 000 km3
Massa 2,14×1022 kg
(0,003 59 aardmassas)
Gem. digtheid 2,061 g/cm3[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,779 m/s2
Ontsnapping-
snelheid
1,455 km/s
Rotasieperiode Sinchronies
Sideriese
rotasieperiode
5 d, 21 h, 2 min, 53s[4]
Ashelling 0
Temperatuur 38 K[4]
Skynmagnitude 13,47[5]
Absolute magnitude −1,2[6]
Atmosfeer
Oppervlakdruk 1,4–1,9 Pa[4]
(1/70 000 van die oppervlakdruk op Aarde)[7]
Samestelling Stikstof; metaanspore.[8]
’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n uitsig oor die oppervlak van Triton met Neptunus (regs) en die Son (links bo) op die agtergrond.

Triton (Grieks: Τρίτων; ook Neptunus I) is die grootste maan van die planeet Neptunus en die eerste maan van dié planeet wat ontdek is. Dit is die sewende grootste maan in die Sonnestelsel.

William Lassell het die maan op 10 Oktober 1846 ontdek, 17 dae ná die ontdekking van dié planeet Neptunus deur Johann Gottfried Galle. Dit is die enigste groot maan in die Sonnestelsel met ’n retrograde wentelbaan (in die teenoorgestelde rigting as waarin sy planeet draai).[9][10] Vanweë sy retrograde beweging en sy samestelling soortgelyk aan dié van Pluto, word geglo Triton is ’n dwergplaneet wat uit die Kuipergordel aangetrek is.[11] Dit het ’n oppervlak van hoofsaaklik bevrore stikstof, ’n kors van waterys,[12] ’n ysagtige mantel en ’n groot kern van rots en metaal. Die kern maak twee derdes van sy totale massa uit. Die gemiddelde digtheid is 2,061 g/cm3,[3] wat ’n samestelling van sowat 15-35% waterys weerspieël.[4]

Triton is een van die min mane in die Sonnestelsel wat sover bekend geologies aktief is (die ander is Jupiter se mane Io en Europa, en Saturnus se Enkelados en Titaan). As gevolg hiervan is sy oppervlak relatief jonk, met min duidelik sigbare kraters. Ingewikkelde kriovulkaniese en tektoniese terreine dui op ’n ingewikkelde geologiese geskiedenis. ’n Deel van die oppervlak het geisers wat veredelde stikstofgas vrystel, en dit dra by tot ’n klein stikstofatmosfeer minder as 1/70 000 van die druk van die Aarde se atmosfeer op die seevlak.[4] Dit is die tweede grootste maan in verhouding tot sy moederplaneet, naas die Aarde se Maan.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named neptuniansatfact
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named JPL-SSD-Neptune
  3. 3,0 3,1 3,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named JPL-SSD-sat_phys
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named EncycSolSys-Triton
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named magnitude
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Fischer2006
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named solarsystemexploration
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named nature2
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NYT-20141105-DO
  10. Chang, Kenneth (18 Oktober 2014). "Dark Spots in Our Knowledge of Neptune". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 21 Oktober 2014.
  11. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Agnor06
  12. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Prockter

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search