Tsjeggiese nasionale rugbyspan

Tsjeggië
Unie Tsjeggiese Rugbyunie
Afrigter(s) Miroslav Němeček en Pavel Pala
Kaptein(s) Marek Loutocký
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Pavel Syrovy (28)[1]
Meeste punte Martin Kafka (153)[2]
Meeste drieë Jan Rohlik (7)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 5–21 Roemenië Vlag van Roemenië
(22 Mei 1927)
Vlag van Andorra Andorra 6–3 Tsjeggië Vlag van Tsjeggië
(15 Mei 1993)
Grootste oorwinning
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië 95–5 Vlag van Kroasië Kroasië
(7 April 2002)
Grootste nederlaag
Vlag van Italië Italië 104–8 Tsjeggië Vlag van Tsjeggië
(Viadana, Italië; 18 Mei 1994)
Unie webwerf
www.rugbyunion.cz

Die Tsjeggiese nasionale rugbyspan verteenwoordig Tsjeggië in rugby op internasionale vlak. Rugby in Tsjeggië word deur die Tsjeggiese Rugbyunie (Tsjeggies: Česká Rugbyová Unie) geadministreer. Die Tsjeggiese rugbyspan is tans (18 Desember 2019) 37ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

Spanje speel teen Tsjeggië op 3 November 2007 in Madrid, Spanje

Die span het vir die eerste keer in 1993 as Tsjeggië rugby begin speel nadat Tsjeggo-Slowakye verdeel is. Voor die ontbinding het die span as Tsjeggo-Slowakye gespeel. Die span speel in die Europese Rugbykampioenskap. Die span het tot dusver nog nie vir die Rugbywêreldbeker gekwalifiseer nie, al ding hulle sedert 1995 in die kwalifisering mee. Die sport is in die land nog steeds op amateurvlak, maar daar is verskeie Tsjeggiese spelers wat in Frankryk professioneel speel, waaronder Martin Jágr.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 18 Desember 2019.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 18 Desember 2019.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 18 Desember 2019.
  4. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 18 Desember 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search