Tsoenami

Die tsoenami wat Malé in die Maledive op 26 Desember 2004 getref het.
Uitbreiding van die tsoenami ná die aardbewing langs die Japannese kus op 11 Maart 2011.

'n Tsoenami (uitgespreek as tsoe-NA-mie), 'n tipe vloedgolf, is 'n reeks golwe (genoem 'n "golftrein") wat in 'n watermassa veroorsaak word deur 'n puls of skielike versteuring wat 'n waterkolom vertikaal verplaas. Aardbewings, aard- of grondverskuiwings, vulkaniese uitbarstings, ontploffings en die impak van buiteaardse liggame soos meteoriete kan 'n vloedgolf veroorsaak. Tsoenami's kan kuslyne 'n geweldige slag toedien en verpletterende skade aan eiendom, beserings en lewensverlies deur besering of verdrinking veroorsaak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search