Tuynhuys

Tuynhuys is 'n Suid-Afrikaanse Erfenisterrein
Tuynhuys in Kaapstad soos vanaf die Kompanjiestuin gesien met die Parlement van Suid-Afrika links en Tafelberg regs
Tuynhuys se pragtige tuine
Die opening van die eerste Kaapse parlement deur Thomas Holden Bowker in 1854

Tuynhuys is die ampswoning van die president van Suid-Afrika in Kaapstad. Die woning grens aan die Kompanjiestuin, 'n park in sentraal Kaapstad wat in 1652 deur die Nederlandse setlaars van die Oos-Indiese Kompanjie uitgelê is om groente te kweek. Die nabyheid van die tuin verklaar die naam tuinhuis. Tuynhuys is al vir meer as 250 jaar die ampswoning van die hoogste gesag in die land en was die woning van die meeste Nederlandse, Bataafse en Britse administrateurs en goewerneurs van die Kaapkolonie. Sedert 1961 woon die Eerste Ministers en (Staats)presidente van Suid-Afrika in Tuynhuys.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search