Tweede Meksikaanse Keiserryk

Segundo Imperio Mexicano
Tweede Meksikaanse Keiserryk

1864–1867
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Equidad en la Justicia
(Spaans vir: "Ekwiteit in geregtigheid")
Volkslied: Himno Nacional Mexicano
Ligging of Meksiko
Ligging of Meksiko
Die Tweede Meksikaanse Keiserryk tussen 1864 en 1867.
Hoofstad Meksikostad
19°26′N 99°08′W / 19.433°N 99.133°W / 19.433; -99.133
Taal/Tale Spaans
Godsdiens Rooms-Katolieke Kerk
Regering Monargie
Keiser
 - 1864–1867 Maksimiliaan I
Regent
 - 1864–1867 Juan Almonte
Wetgewer Kongres
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - Franse intervensie 8 Desember 1861
 - Maksimiliaan I aanvaar die kroon 10 April 1864
 - Teregstelling van Maksimiliaan I 19 Junie 1867
 - Benito Juárez betree Meksikostad 15 Julie 1867
Oppervlakte
 - 1864 1 972 550 km2
761 606 sq mi
Bevolking
 - 1864 skatting 8 264 213 
     Digtheid 4,2 /km² 
10,9 /sq mi
Geldeenheid Peso
Keiser Maksimiliaan I van Meksiko (1864–1867)
Cesare Dell’Acqua: Maksimiliaan ontvang die Meksikaanse delegasie
Édouard Manet: Die teregstelling van Maksimiliaan van Meksiko
Die 50 deelgebiede van Meksiko in 1865

Die Tweede Meksikaanse Keiserryk (Spaans: Segundo Imperio Mexicano) het vanaf 1864 tot 1867 op die gebied van die huidige Verenigde Meksikaanse State bestaan. Die keiserryk het uit die eerste Meksikaanse Republiek ontstaan wat ná die ontbinding van die Eerste Meksikaanse Keiserryk gestig is. Die keiserryk is tydens die Franse intervensie op 10 April 1864 onder Napoleon III van Frankryk met die Oostenrykse aartshertog Maksimiliaan I van Habsburg as keiser gestig. Napoleon III het Meksiko binnegeval om 'n monargie te stig wat van Frankryk afhanklik sou wees. Met die teregstelling van Maksimiliaan I is die monargie afgeskaf en die Verenigde Meksikaanse State gestig wat steeds bestaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search