Twickenham-stadion

Twickenham-stadion
Lugfoto van die Twickenham-stadion

Bynaam Billy Williams' Cabbage Patch[1]
The Cabbage Patch
Twickers
Headquarters
HQ
Ligging Whitton Road, Twickenham, Londen, Engeland, TW2 7BA
Koördinate 51°27′22″N 0°20′30″W / 51.45611°N 0.34167°W / 51.45611; -0.34167
Eienaar Rugbyvoetbalunie
Kapasiteit 82 000[2]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1907
Geopen 2 Oktober 1909
Renovasie 1972, 1974, 1977, 1984, 1989, 1995
Argitek Ward McHugh Associates
Huurders
Engelse nasionale rugbyspan

Die Twickenham-stadion (ook bekend as slegs Twickenham of Twickers[3]) is 'n stadion wat in Twickenham in Londen, Engeland, geleë is.

Twickenham is die grootste rugbystadion in die Verenigde Koninkryk en is onlangs tot 82 000 sitplekke vergroot. Dit maak Twickenham die tweede grootste stadion in die Verenigde Koninkryk, net na Wembley-stadion, en die vierde grootste stadion in Europa.

Die stadion word as die ikoon van Engelse rugby beskou en word meestal slegs vir rugbywedstryde ingespan. Konserte deur Iron Maiden, Bon Jovi, Genesis, U2, The Rolling Stones, The Police, Eagles en R.E.M. is ook al hier aangebied. Die Twickenham-stadion word ook jaarliks vir die Jehovah se Getuies se saamtrekke gebruik.

  1. "The Rugby ground : The Twickenham Museum" (in Engels). twickenham-museum.org.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 15 April 2010.
  2. "Twickenham Stadium" (in Engels). Rugbyvoetbalunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 7 Januarie 2014.
  3. (en) Nicky Campbell, Twickers learning from us Scots as petty tyranny crosses border, The Guardian, 1 Februarie 2007

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search