Tydbestuur

Tydbestuur is die daad of proses van die beplanning en beheer uitoefen oor die hoeveelheid tyd wat op spesifieke aktiwiteite bestee word, veral om doeltreffendheid, bedrewenheid of produktiwiteit te verhoog.

Dit is 'n meta-aktiwiteit met die doel om die algemene voordele van 'n reeks aktiwiteite binne die spektrum van 'n beperkte hoeveelheid tyd te maksimaliseer.

Tydbestuur kan ondersteun word deur 'n verskeidenheid vaardighede, hulpmiddels en tegnieke wat gebruik word om tyd te bestuur wanneer bepaalde take, projekte en doelwitte uitgevoer word wat moet voldoen aan 'n gestelde datum. Aanvanklik het tydbestuur net betrekking gehad op sake- of werksaktiwiteite, maar mettertyd het die term wyer geword om ook persoonlike aktiwiteite in te sluit. 'n Tydbestuurstelsel is 'n ontwerpte kombinasie van prosesse, hulpmiddels, tegnieke en metodes. Tydbestuur is gewoonlik 'n noodsaaklikheid in enige projekontwikkeling aangesien dit die projek se omvang en wanneer dit voltooi sal wees bepaal.

Die hooftemas wat voortspruit uit die boeke oor tydbestuur sluit die volgende in:

  • Die skep van 'n omgewing wat bevorderlik is vir doeltreffendheid.
  • Die vasstel van prioriteite.
  • Die uitvoer van aktiwiteite na aanleiding van die prioritisering.
  • Die verwante proses om die tyd wat bestee word op nie-prioriteite te verminder.
  • Aansporings om gedrag te verander om seker te maak daar word by spertye gehou.

Tydbestuur word beskou as 'n ondergroep van verskillende konsepte soos:

  • Projekbestuur: Tydbestuur kan beskou word as 'n projekbestuurondergroep en staan algemeen bekend as projekbeplanning en projekskedulering. Tydbestuur word ook beskou as een van die kernfunksies van projekbestuur.[1]
  • Aandagbestuur: Aandagbestuur hou verband met die bestuur van kognitiewe hulpbronne, en veral die tyd wat mense hulle verstand toewys om sekere aktiwiteite uit te voer.

Organisatoriese tydbestuur is die wetenskap om vermorste tyd in organisasies te identifiseer, beoordeel en te verminder. Organisatoriese tydbestuur identifiseer, doen verslag oor en bepaal die finansiële waardes van volhoubare tyd, vermorste tyd en produktiewe tyd binne 'n organisasie en ontwikkel 'n sakemodel om vermorste tyd in produktiewe tyd te omskep deur die finansiering van produkte, dienste of inisiatiewe teen 'n positiewe opbrengs op belegging.

  1. Project Management Institute (2004).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search