Ultraklank

'n Baba in sy ma se baarmoeder, soos gesien deur 'n sonogram.

Ultraklank is klank met 'n frekwensie hoër as die boonste hoorbaarheidsgrens van die mens, rondom 20 kilohertz/20 000 hertz. Sommige diere, soos honde, dolfyne, vlermuise en muise het 'n boonste hoorbaarheidsgrens wat baie hoër is as dié van die mens en kan hulle dus ultraklank ook hoor. Kinders kan sommige hoë-frekwensie klanke hoor wat volwassenes nie kan hoor nie, aangesien die boonste hoorgrens laer word met ouderdom.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search