Uniewording

Die Uniegebou in Pretoria, simbool van die Uniewording. Die Uniegebou bestaan uit 'n Afrikaanse (links) en 'n Engelse vleuel, wat die vereniging van Suid-Afrika simboliseer
Sir James Molteno was die laaste speaker van die Kaapse Wetgewer en die eerste van die Unie-Volksraad

Die Unie van Suid-Afrika het op 31 Mei 1910 deur 'n wet van die Britse Parlement, die Suid-Afrika-Wet, tot stand gekom, op dieselfde dag van die jaar as wat die Verdrag van Vereeniging in Melrose-huis, Pretoria, onderteken is in 1902.

Dit het gevolg op die Nasionale Konvensie van 1908 tot 1909 waar verteenwoordigers van die Kaap en Natal en die voormalige Boererepublieke die wetsontwerp opgestel het wat die land tot 'n selfregerende dominium binne die Britse Statebond sou verenig.

Op dieselfde dag van die jaar (31 Mei) het ook die Republiek van Suid-Afrika 51 jaar later tot stand kom, wat die einde beteken het van die Unie van Suid-Afrika. Hierdie geskiedkundige gebeurtenis staan as Republiekwording bekend.

Politieke eenwording het noodsaaklik geword vanweë die ekonomiese botsings tussen die kolonies en die behoefte aan 'n eenvormige rassebeleid. 'n Konsepgrondwet vir die Unie is opgestel deur 'n Nasionale Konvensie wat in 1908/09 in Durban, Kaapstad en Bloemfontein vergader het.

Hoewel die grondwet voor siening gemaak het vir 'n hegte unie met 'n sterk sentrale regering, is toegewings gedoen aan voorstanders van federalisme deurdat elke provinsie 'n eie regerende liggaam met beperkte bevoegdhede sou hê. Die gees van kompromis waarin die grondwet opgestel is, is ook weerspieël in die 2 verskanste klousules ten opsigte van Kaapland se Nie-Blanke stemreg en die gelyke regte van Engels en Nederlands as amptelike tale en in die verdeling van die hoofstad.

Na die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) was al die gebiede in Suid-Afrika onder beheer van die Britse kroon, en met die verlening van verantwoordelike bestuur aan die Oranjerivierkolonie en Transvaal in 1907 het die 4 kolonies gelyke konstitusionele status gehad. Die  gedagte om die kolonies in een staat saam te snoer, het in die stadium reeds by verskeie Suid-Afrikaanse staatsmanne (Engels-sowel as Afrikaanssprekendes) posgevat en het vanweë die ekonomiese stryd tussen die kolonies en die dringende noodsaaklikheid van ʼn eenvormige rassebeleid steeds meer veld gewen.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search