Universiteit van Fort Hare

Universiteit van Fort Hare
Die hoofingang na die universiteit op Alice.

Leuse:In lumine tuo videbimus lumen
Leuse in Afrikaans:In U lig sien ons die lig
Leuse in Engels:In your light we shall see the light
Gestig:8 Februarie 1916
Tipe:Openbare universiteit
Studentetal:11 074 (2011)
Ligging:Hoofkampus: Alice
Ander: Bhisho en
Oos-Londen, Oos-Kaap

32°47′13.4″S 26°50′56.7″O / 32.787056°S 26.849083°O / -32.787056; 26.849083
Webtuiste:ufh.ac.za
Die Stewart-monument op Somgxata-heuwel bo UFH.

Die Universiteit van Fort Hare (UFH) was die tweede universiteit in Suid-Afrika en die eerste plaaslike instelling wat tersiêre onderwys aan Afrikane verskaf het. Die Universiteit was 'n voortvloeisel van die teologiese skool wat aan die einde van die 19de eeu in hierdie gebied deur die Skotse sendeling James Stewart en sy vrou gestig is. Die Afrikaanssprekende bevolking sou eers heelwat later hulle eie universiteit kry, naamlik die Universiteit van Stellenbosch.

Die universiteit lê aan die Tyhumerivier in Alice in die Oos-Kaap en het 'n ryk geskiedenis. Die gebied was gedurende die 19de eeu vir 'n lang tyd die oorlogsterrein in nege oorloë teen die Xhosas. Dit was eers 'n aparte Britse kolonie (British Kafraria genoem). Die Britte het stukke land aan die Xhosas wat bereid was om aan hul kant te veg (die amaFengu) gegee. Fort Hare was self oorspronklik 'n Britse fort en 'n aantal ruïnes is nog op die kampus van die universiteit sigbaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search