Uruguaanse nasionale rugbyspan

Uruguay
Unie Uruguaanse Rugbyunie (URU)
Bynaam(e) Los Teros (“die Teros”)
Embleem Bronskiewiet
Stadion Charrúa-stadion, Montevideo
Kapasiteit 14 000
Afrigter(s) Vlag van Argentinië Rodolfo Ambrosio (sedert 2024)
Kaptein(s) Andrés Vilaseca
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Diego Magno (104)[1]
Meeste toetspunte Felipe Berchesi (374)[2]
Meeste drieë Diego Ormaechea (33)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Chili Chili 21–3 Uruguay Vlag van Uruguay
(Buenos Aires, Argentinië; 5 Augustus 1948)
Grootste oorwinning
Vlag van Paraguay Paraguay 6–102 Uruguay Vlag van Uruguay
(Puerto Iguazú, Argentinië; 14 Mei 2011)
Grootste nederlaag
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 134–3 Uruguay Vlag van Uruguay
(Oos-Londen, Suid-Afrika; 11 Junie 2005)
Wêreldbeker
Verskynings 5/10 (Eerste in 1999)
Beste uitslag Een oorwinning elk in 1999, 2003, 2019 en 2023
Unie webwerf
www.uru.org.uy

Die Uruguaanse nasionale rugbyspan (Spaans: Selección de rugby de Uruguay) is die nasionale rugbyspan wat Uruguay in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Los Teros (Spaans vir: “die Teros”) na die bronskiewiet (Vanellus chilensis), die nasionale voël van die Suid-Amerikaanse land. Rugby word in Uruguay geadministreer deur die Uruguaanse Rugbyunie (Unión de Rugby del Uruguay, URU) wat in 1951 gestig is. Uruguay word as die vierde beste rugbyspan in die Amerikas beskou (ná Argentinië, die Verenigde State en Kanada) en deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Die Uruguaanse rugbyspan is tans (Desember 2023) 18de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Een voormalige Uruguaanse rugbyspeler is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

Uruguay het in 1948 sy eerste internasionale wedstryd teen Chili gespeel. Uruguay het tot dusver vir vyf van die tien rugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer, maar hulle het nie die uitklopfase gehaal nie. Uruguay het al vier keer die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap gewen, mees onlangs in 2017. Sedert 2016 neem Uruguay ook aan die jaarlikse Amerikaanse Rugbykampioenskap deel, saam met die tweede Argentynse span, Brasilië, Chili, Kanada en die Verenigde State.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 9 Desember 2023.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 9 Desember 2023.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 9 Desember 2023.
  4. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 9 Desember 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search