Uto-Asteekse tale

Uto-Asteekse tale
Geografiese
verspreiding:
Westelike Verenigde State, Meksiko, Sentraal-Amerika
Genetiese
klassifikasie
:

 Uto-Asteekse tale
Onderafdelings:
Hopi
Tübatulabal (†)
Numies
Serran (†)
Cupaans
Tarahumaraans
Cahitaans
Opata (†)
Corachol
Pimaans

Verspreiding van Uto-Asteekse tale

Die Uto-Asteekse tale is 'n taalfamilie wat uit sowat 61 tale bestaan en deur 2 miljoen Indiane gepraat word. Hulle word oorwegend in die westelike Verenigde State en Meksiko, maar ook in lande van Sentraal-Amerika gepraat.

Verspreiding van Noord-Uto-Asteekse tale in Noord-Amerika
Verspreiding van Suid-Uto-Asteekse tale in Meksiko

Die Uto-Asteekse tale is na die taal Uto, 'n deel van die noordelikste tak (die Numiese tale) en die Asteekse tale (waaronder Nahuatl), die suidelikste tak, genoem. Die Uto-Asteekse tale bestaan uit 11 hooftakke, waarvan Tübatulabal, Serran en Opata net uitgestorwe tale bevat. Soms word die Uto-Asteekse tale in twee hooftakke verdeel, naamlik die Noord-Uto-Asteekse tale van die westelike Verenigde State en noordoostelike Meksiko asook die Suid-Uto-Asteekse tale van Meksiko en Sentraal-Amerika.[1]

Die Uto-Asteekse tale is een van die grootste taalfamilie van die Amerikas volgens aantal sprekers, tale en geografiese verspreiding. Sommige van die Uto-Asteekse tale behoort tot die Meso-Amerikaanse taalgebied, saam met die Majatale, Totonaks-Tepehua, Otomangue, Mixe-Zoque asook geïsoleerde en ongeklassifiseerde tale.

Die grootste taal volgens moedertaalsprekers is Nahuatl (1,45 miljoen, sowat 78,9% van al die Uto-Asteekse tale). Nahuatl is veral bekend as taal van die Asteke, Tlaxcalteke en Tolteke in die huidige Meksiko, almal Nahua-volke. Tydens die Asteekse tydperk het Nahuatl as lingua franca in Sentraal-Amerika gedien.

  1. Hammarström, Harald; Forkel, Robert; Haspelmath, Martin (2017). "Uto-Aztecan". Glottolog 3.0 (in Engels). Jena, Duitsland: Max Planck Institute for the Science of Human History. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 16 November 2018.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search