Vallei van die Koninginne

Vallei van die Koninginne
'n Algemene uitsig oor die Vallei van die Koninginne.
'n Algemene uitsig oor die Vallei van die Koninginne.
Koördinate 25°43′39″N 32°35′35″O / 25.72750°N 32.59306°O / 25.72750; 32.59306
Plaaslike naam  وادي الملكات (Arabies)
Ta-Set-Neferoe (Egipties)
Land Vlag van Egipte Egipte
Soort Dodeakker
Geskiedenis
Tydperk 18de Dinastie
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, iii, vi
Verwysing 87
Streek† Arabiese State
Beskrywing* Antieke Thebe met sy nekropolis
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Die Vallei van die Koninginne (Arabies: وادي الملكات, Wādī al-Malekāt) is 'n terrein in Egipte waar die vroue van farao's in antieke tye begrawe is.[1] Dit was toe bekend as Ta-Set-Neferoe, "die plek van skoonheid". Farao's self is in die Vallei van die Konings begrawe.[2]

X1
G1
Q1X1
O1
F35F35F35
Ta-Set-Neferoe
in hiërogliewe

Volgens Christian Leblanc bestaan die Vallei van die Koninginne uit die hoof-wadi, waar die meeste grafte geleë is, die Vallei van Prinses Ahmose, die Vallei van die Tou, die Vallei van die Drie Putte en die Vallei van die Dolmen. Die hoof-wadi bevat 91 grafkelders en die ander valleie nog 19. Die begrafnisse in die ander valleie dateer almal van die 18de Dinastie.[3]

Die rede dat die Vallei van die Koninginne as begraafplek gebruik is, is nie bekend nie. Die nabyheid aan die werkersdorpie Deir el-Medina en die Vallei van die Konings kon 'n rol gespeel het. Nog 'n oorweging is dalk die bestaan van die heilige grot wat aan die godin Hathor opgedra is in die ingang na die vallei. Die grot kon vereenselwig gewees het met die verjonging van die oorledenes.[3]

Saam met die Vallei van die Konings en die nabygeleë Thebe (die moderne Luxor), is die Vallei van die Koninginne in 1979 opgeneem op Unesco se lys van Wêrelderfenisterreine.[4]

  1. Sims 2000, p. 26
  2. Sims 2000, p. 24
  3. 3,0 3,1 Demas, Martha, and Neville Agnew, eds. 2012. Valley of the Queens Assessment Report: Volume 1. Los Angeles, CA: Getty Conservation Institute. Getty Conservation Institute, skakel na artikel
  4. "Ancient Thebes with its Necropolis". UNESCO World Heritage Centre. United Nations Educational, Scientific, and Cultural Organization. Besoek op 7 September 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search