Vaste stof

Diagram wat wys hoe molekules in 'n vaste stof gerangskik is.

'n Vaste stof is 'n fase van materie wat gekenmerk word deur weerstand tot vervorming en veranderinge in volume.

In die fisika word daar na vaste stowwe verwys as een van die drie basiese vorme waarin materie kan voorkom. ’n Vaste stof omvorm van een van die twee ander vorme wanneer die energie van die atome verminder en dié atome ’n relatief geordende, rigiede driedimensionele struktuur aanneem. Molekules kan dus nie vryelik beweeg nie.

'n Mens kom vaste stowwe gereeld in die alledaagse lewe teë. Voorbeelde van vaste stowwe is ys, hout, plastiek en so meer.

Water in vaste vorm

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search