Vastestofchemie

Vastestofchemie is 'n onderafdeling van die chemie wat die vorming, stabiliteit, eienskappe en strukture van vaste verbindings bestudeer. Gewoonlik word dit gesien as 'n onderafdeling van die anorganiese chemie, hoewel daar ook ondersoek aan organiese stowwe uitgevoer word en dit ook wel as onderdeel van die materiaalkunde gesien word.

Vastestofchemie het raakvlakke met die vastestoffisika, die kristallografie, die materiaalkunde, die mineralogie, die metallurgie. die polimeerchemie en fisika.

Die vakgebied het sintetiese en analitiese aspekte. Die meeste vastestofchemici werk vandag (2016) aan oksiede en hulle verwante, 'n tweede groep aan die verbindings van die ander elemente van die chalogeengroep soos sulfide en selenide. Die verbindings van die halogene (F, Cl, Br, I) en pnikogene (N, P, As, Sb, Bi) kry minder aandag, maar word ook uitgevoer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search