Vega

Vega
Die ligging van Vega in die sterrebeeld Lier.
Die ligging van Vega in die sterrebeeld Lier.
Sterrebeeld Lier
Bayer-naam α Lyrae
Spektraaltipe A0V
Soort Hoofreeksster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 36m 56,33635s
Deklinasie +38° 47′ 01,2802″
Skynmagnitude (m) 0,03
Besonderhede
Massa (M) 2,135
Radius (R) 2,362
Ligsterkte (L) 0,58
Ouderdom (jaar) 455 miljoen
Temperatuur (K) 9 602
Afstand (ligjaar) 25,04
Ander name
Lucida Lyrae,[1] 3 Lyr, GJ 721, HR 7001, BD +38°3238, HD 172167, GCTP 4293.00, LTT 15486, SAO 67174, HIP 91262
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Vega is die helderste ster in die sterrebeeld Lier (Lyra) en die vyfde helderste ster in die lugruim. Dit is redelik naby: net 25 ligjare van die Aarde af. Sy Bayer-naam is Alpha Lyrae, afgekort as α Lyr.

Die ster is al deeglik deur sterrekundiges bestudeer en dit het daartoe gelei dat dit al "die belangrikste ster naas die Son" genoem is.[2] Dit was omstreeks 12000 v.C. die noordelike poolster en sal dit omstreeks 13727 n.C. weer wees, wanneer sy deklinasie +86°14' sal wees.[3] Vega was die eerste ster naas die Son wat gefotografeer is en die eerste waarvan die spektrum gemeet is. Dit was ook een van die eerste sterre waarvan die afstand gemeet is.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named kendall1845
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named apj429_2_L81
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named stellarium

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search