Venus-tablet van Ammisaduqa

’n Kopie van die tablet.

Die Venus-tablet van Ammisaduqa is ’n astronomiese wigskriftablet uit die tyd van koning Ammisaduqa van Babilonië.

Die tablet vermeld oor ’n tydperk van 21 jaar – die duur van Ammisaduqa se bewind – waarnemings van die vier dae waarop die planeet Venus as môre- en aandster sigbaar (innamir) en onsigbaar (itbal) geword het. In die ou Babilonië het mense dit as belangrike voortekens beskou. Die Venus-tablet is deel van ’n lang reeks tablette, die Enuma Anu Enlil, wat origens net oor voortekens en hulle verklarings gaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search