Veranderlike ster

Die veranderlike ster Eta Carinae, wat in die Carina-newel lê.

’n Ster word as ’n veranderlike ster of wisselster geklassifiseer wanneer sy skynbare helderheid, soos van die Aarde af gesien, wisselvallig is. Soms is dit vanweë die werklike helderheid van die ster en ander kere vanweë die hoeveelheid lig wat versper word voor dit die Aarde bereik. Baie sterre, waarskynlik die meeste, het die een of ander vorm van wisseling in helderheid: die lig van ons Son wissel byvoorbeeld met sowat 0,1% oor ’n siklus van elf jaar.[1]

Veranderlike sterre, ook net veranderlikes genoem, word as twee soorte geklassifiseer:

  • Intrinsieke of inherente veranderlikes, waarvan die helderheid in werklikheid wissel, byvoorbeeld omdat die ster met tussenposes uitsit en krimp;
  • Ekstrinsieke of uiterlike veranderlikes, waarvan die oënskynlike wisseling in helderheid veroorsaak word deur die hoeveelheid lig wat die Aarde bereik, bv. wanneer die ster ’n metgesel het wat daarom wentel en sodoende lig versper.
  1. Solar Constant, PMOD/WRC, http://www.pmodwrc.ch/pmod.php?topic=tsi/composite/SolarConstant, besoek op 2009-04-27 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search