Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan

Verenigde Arabiese Emirate
Kenteken van die Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan
KonferensieEmiratiese Krieketraad (ECB)
Personeel
EDI-kapteinVriitya Aravind
T20I-kapteinMuhammad Waseem
AfrigterVlag van Pakistan Mudassar Nazar
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (1990)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI19de13de (op 2 Mei 2022)
T20I17de11de (op 21 Oktober 2019)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Indië Indië op Sharjah-krieketstadion, Sharjah; 13 April 1994
Laaste EDIt Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State op Takashinga-krieketklub, Harare; 6 Julie 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]10837/70 (34,25%)
(1 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar[3]269/17
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings2/13 (eerste in 1996)
Beste uitslagGroepfase (in 1996 en 2015)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
9 (eerste in 1994)
Beste uitslagKampioen (in 1994)
Kampioenetrofee-verskynings0/8
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Nederland Nederland op Kingsmead, Sylhet; 17 Maart 2014
Laaste T20It Vlag van Nepal Nepal op Mulpani-krieketveld, Kageshwari-Manohara; 3 November 2023
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]9045/44 (50,00%)
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[5]2111/10
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings2/9 (eerste in 2014)
Beste uitslagEerste rondte (in 2014 en 2022)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
6 (eerste in 2010)
Beste uitslagKampioen (in 2022)
EDI- en T20I-klere

Die Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan (Arabies: فريق الإمارات الوطني للكريكيت) is die nasionale krieketspan wat die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word deur die Emiratiese Krieketraad (ECB, van Engels: Emirates Cricket Board) bestuur wat in 1989 ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en een jaar later ’n geassosieerde lid geword het.[6] Sedert 2005 is die IKR se administratiewe kantore in Doebai gesetel, terwyl die hoofkantoor nog steeds op Lord’s in Londen is.

Die Verenigde Arabiese Emirate is een van die opkomende EDI-spanne;[7] hulle het die AKR-trofee tussen 2000 en 2006 vier keer agtereenvolgens gewen, en was ook naaswenners by drie ander geleenthede (in 1996, 1998 en 2008) sedert dié toernooi vir die eerste keer uitgespeel is.[8] Hulle het die 1994-krieketwêreldbekerkwalifikasie gewen en aan die Krieketwêreldbeker 1996 deelgeneem.[6] Bykomende EDI-wedstryde is tydens die Asiatiese Bekertoernooie in 2004 en 2008 gespeel. Tydens die 2014-krieketwêreldbekerkwalifikasie het hulle in die tweede plek na Skotland geëindig en sodoende vir die Krieketwêreldbeker 2015 gekwalifiseer en EDI-status tot in 2018 verkry.[9]

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat die Verenigde Arabiese Emirate ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[10] Die Verenigde Arabiese Emirate is tans (November 2023) 19de op die eendagranglys en 17de op die Twintig20-wêreldranglys.[11][12]

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. 6,0 6,1 (en) "A Timeline of UAE cricket". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2012. Besoek op 9 Julie 2012.
  7. (en) Roy Morgan (2007). Encyclopedia of World Cricket. Sportsbooks Publishing. ISBN 978-1-899807-51-2.
  8. (en) "Scorecard of Hong Kong v UAE". Cricket Archive. 3 Augustus 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 1 Junie 2020.
  9. (en) "Scotland and UAE battle lock horns in final of ICC CWCQ 2014". Internasionale Krieketraad. 31 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2014. Besoek op 31 Januarie 2014.
  10. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 15 Februarie 2024.
  11. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 27 Oktober 2023. Besoek op 15 Februarie 2024.
  12. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 3 November 2023. Besoek op 15 Februarie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search