Verenigde Rugbykampioenskap

Verenigde Rugbykampioenskap
2023-’24
Sportsoort Rugby
Gestig 2001 (as Keltiese Liga)
2011 (as Pro12)
2017 (as Pro14)
2021 (as Verenigde Rugbykampioenskap)
Eienaar IRFU, FIR, SRU, SARU, WRU
Inwydingseisoen 2001-’02 (Keltiese Liga)
2011-’12 (Pro12)
2017-’18 (Pro14)
2021-’22 (Verenigde Rugbykampioenskap)
Deelnemende lande Flag of Ireland Ierland
Vlag van Italië Italië
Vlag van Skotland Skotland
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Wallis Wallis
Aantal spanne 16: vier uit Ierland, twee uit Italië, twee uit Skotland, vier uit Suid-Afrika en vier uit Wallis
Mees onlangse kampioen Vlag van Ierland Munster (2022-’23)
Verwante kompetisies Europese Rugbykampioenbeker
Borg(e) Roc Nation

Die Verenigde Rugbykampioenskap is ’n jaarlikse rugbykompetisie met spanne van Ierland, Italië, Skotland, Suid-Afrika en Wallis. Die toernooi is een van die drie hoof- professionele toernooie in Europa (naas die Engelse Premierskap en die Franse Top 14) en die suksesvolste spanne in hierdie toernooi ding mee om die Europese Rugbykampioenbeker.

Die eerste seisoen van die toernooi, 2001-’02, het bekend gestaan as die Keltiese Liga[1] en het bestaan uit spanne van Ierland, Skotland en Wallis. Aan die begin van die 2010-’11-seisoen is die toernooi van tien na twaalf spanne uitgebrei om twee Italiaanse spanne te inkorporeer. Die naam “Pro12” is in 2011 aanvaar om aan te dui dat spanne buite die Keltiese nasies nou ook aan die toernooi deelneem. In 2017 is aangekondig dat twee Suid-Afrikaanse spanne ook aan die toernooi deelneem.[2]

  1. (Iers-Gaelies: An tSraith Cheilteach; Italiaans: La Lega Celtica; Skots-Gaelies: An Lìog Cheilteach; Wallies: Y Gynghrair Geltaidd) (cy) "Y Gynghrair Geltaidd". BBC Chwaraeon. 28 September 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2015. Besoek op 7 Februarie 2009.
  2. (af) "SA spanne se deelname aan Pro12 bevestig" (html). Netwerk24. 19 Julie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 19 Julie 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search