Verenigde State se nasionale krieketspan

Verenigde State
Kenteken van die Verenigde State se nasionale krieketspan
KonferensieVSA Krieket (USAC)
Personeel
EDI-kapteinMonank Patel
T20I-kapteinAaron Jones
AfrigterVlag van Australië Stuart Law
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (1965)
IKR-streekAmerikas
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI19de16de (8 Junie 2022)
T20I18de17de (6 Junie 2024)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland op The Oval, Londen; 10 September 2004
Laaste EDIt Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate op Takashinga-krieketklub, Harare; 6 Julie 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]5122/27 (43,13%)
(2 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar[3]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings0/13
Wêreldbeker-
kwalifiserings
10 (eerste in 1979)
Beste uitslag7de plek (in 2001)
Kampioenetrofee-verskynings1/9 (eerste in 2004)
Beste uitslagGroepfase (in 2004)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate op IKR-akademieveld, Doebai; 15 Maart 2019
Laaste T20It Vlag van Engeland Engeland op Kensington-ovaal, Bridgetown; 23 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]3417/14 (50,00%)
(2 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[5]137/5
(1 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings1/9 (eerste in 2024)
Beste uitslagSuper 8 (in 2024)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
6 (eerste in 2010)
Beste uitslag4de plek (in 2022)
EDI-klere
T20I-klere

Die Verenigde State se nasionale krieketspan (Engels: United States national cricket team) is die nasionale krieketspan wat die Verenigde State (VSA) in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in die Verenigde State deur VSA Krieket (USAC, van Engels: USA Cricket) beheer. Die span is voorheen bestuur deur die Amerikaanse Krieketvereniging (United States of America Cricket Association, USACA) wat in 1965 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword het.[6] In Junie 2017 is die Amerikaanse Krieketvereniging deur die IKR weens kwessies oor bestuur en finansiering geskors en die Amerikaanse span was tydelik onder toesig van die IKR Amerikas, totdat ’n nuwe erkende beheerliggaam gestig is.[7] In Junie 2017 is amptelik geassosieerde lidmaatskap aan VSA Krieket toegestaan.[8]

Die wedywering met die Kanadese nasionale krieketspan is so sterk in krieket as wat dit in enige ander spansport is en albei spanne ding jaarliks om die K.A. Auty-beker mee. Die wedstryd tussen die twee lande is in der waarheid die oudste internasionale wedywering in krieket en is reeds in 1844 uitgespeel. Vir ’n eeu en ’n half het die Verenigde State selde teen ander nasionale spanne te staan gekom. Hulle het meestal teen Kanada of teen besoekende spanne van ander lande gespeel. Saam met Bermuda en Kanada is die Verenigde State tradisioneel een van die sterker nasionale krieketspanne van die Amerikas na die volle lid Wes-Indië.

Die Verenigde State het tydens die IKR-trofee 1979 in Engeland vir die eerste keer aan ’n internasionale toernooi deelgeneem; sedertdien het hulle net twee van dié toernooi misgeloop (nou bekend as die krieketwêreldbekerkwalifisering). Nadat hulle die Sesnasiesuitdaagtoernooi 2004 gewen het, het die span vir die Kampioenetrofee 2004 gekwalifiseer en sy eerste twee EDI-wedstryde gespeel. In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat die Verenigde State ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[9] Die Verenigde State is tans (Junie 2024) 19de op die eendagranglys en 18de op die Twintig20-wêreldranglys.[10][11]

Tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling twee in 2019 het die Verenigde State in die vierde plek geëindig, nadat hulle die wedstryd om die derde plek teen Papoea-Nieu-Guinee verloor het, ’n wedstryd wat as ’n EDI erken is (en die Verenigde State se derde EDI-wedstryd nog was, 15 jaar ná hul laaste). Met die vierde plek het die land ’n plek in die Wêreldkrieketliga 2019–22 bespreek, waartydens al die wedstryde van die span EDI-status geniet het. Die span se eerste plaaslike EDI-reeks het begin op 13 September 2019, waaraan Papoea-Nieu-Guinee en Namibië deelgeneem het.[12]

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) Martin Williamson (18 Mei 2005). "A brief history …". ESPNcricinfo. Besoek op 12 Februarie 2024.
  7. (en) Peter Della Penna (22 Junie 2017). "USACA expelled by the ICC". ESPNcricinfo. Besoek op 12 Februarie 2024.
  8. (en) Peter Della Penna (8 Januarie 2019). "USA formally approved to rejoin ICC as Associate Member under USA Cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 12 Februarie 2024.
  9. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 12 Februarie 2024.
  10. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 12 Februarie 2024.
  11. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 21 Junie 2024. Besoek op 12 Februarie 2024.
  12. (en) "United States To Host First-Ever ODI On September 13". NDTV Sports. Besoek op 12 Februarie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search