Verenigde State se nasionale rugbyspan

Verenigde State
Unie VSA Rugby (USAR)
Bynaam(e) die Arende
Embleem Die goue arend
Afrigter(s) Vlag van Verenigde State van Amerika Scott Lawrence (sedert 2023)
Kaptein(s) AJ MacGinty
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Todd Clever (76)[1]
Meeste toetspunte Mike Hercus (465)[2]
Meeste drieë Vaea Anitoni (26)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 8–12 Australië Vlag van Australië
(Berkeley, Kalifornië; 16 November 1912)
Grootste oorwinning
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 91–0 Barbados Vlag van Barbados


(Stanford, Kalifornië; 1 Julie 2006)

Grootste nederlaag
Vlag van Engeland Engeland 106–8 Verenigde State Vlag van Verenigde State van Amerika
(Londen, Engeland; 21 Augustus 1999)
Wêreldbeker
Verskynings 8/10 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Een oorwinning in 1987, 2003 en 2011
Unie webwerf
www.usa.rugby

Die Verenigde State se nasionale rugbyspan (Engels: United States national rugby union team) is die nasionale rugbyspan wat die Verenigde State in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span dra die bynaam “die Arende” (the Eagles), na die Amerikaanse seearend (Haliaeetus leucocephalus), die nasionale voël van die Noord-Amerikaanse land. Rugby word in die Verenigde State geadministreer deur VSA Rugby (Engels: USA Rugby, USAR) wat in 1975 gestig is. Die Verenigde State word as die naasbeste rugbyspan in die Amerikas beskou (ná Argentinië) en deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Die Verenigde State se nasionale rugbyspan is tans (November 2022) 19de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Een voormalige Amerikaanse rugbyspeler is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

Die Verenigde State het in 1912 hul internasionale rugbydebuut teen Australië gemaak. Tot rugby se terugkeer na die Olimpiese Spele tydens die Olimpiese Somerspele 2016 was die Verenigde State die titelhouer van die Olimpiese rugbykampioenskap, nadat hulle hul enigste teenstander tydens die Olimpiese Somerspele 1920 verslaan en tydens die Olimpiese Somerspele 1924 hul titel suksesvol verdedig het. Die Verenigde State het tot dusver vir agt van die tien rugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer. Van 2003 tot 2011 het hulle deelgeneem aan die Churchillbeker, sedertdien speel die Verenigde State gereeld in die Stille Oseaan-nasiesbeker, waar hulle teen Fidji, Japan, Kanada, Samoa en Tonga te staan kom. Sedert 2016 neem die Verenigde State ook deel aan die jaarlikse Amerikaanse Rugbykampioenskap, saam met die tweede Argentynse span, Brasilië, Chili, Kanada en Uruguay.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 13 Januarie 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 13 Januarie 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 13 Januarie 2024.
  4. (en) "World Rugby Men's Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 13 Januarie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search