Vergilius

Vergilius
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Uitbeelding van Vergilius, 3de eeu ("Monnus-Mosaïek", Rheinisches Landesmuseum, Trier)

Geboortenaam Publius Vergilius Maro
Geboorte 15 Oktober 70 v.C.
naby Mantua, Gallia Cisalpina, Romeinse Republiek
Sterfte 21 September 19 v.C. (op 50)
Brundisium, Italia, Romeinse Ryk
Nasionaliteit Romeins
Beroep Digter
Genre Epiese digkuns, didaktiese digkuns, herdersdigkuns

Publius Vergilius Maro (15 Oktober 70 v.C. – 21 September 19 v.C.), of net Vergilius, was ’n Antieke Romeinse digter uit die Augustynse era. Hy is bekend vir drie belangrike Latynse letterkundewerke, die Eclogae, die Georgica en die epos Eneïde. ’n Aantal kleiner gedigte, saamgevat in die Appendix Vergiliana, word ook soms aan hom toegeskryf.

Vergilius word tradisioneel as een van Rome se vernaamste digters geag. Sy Eneïde word al vandat dit neergepen is tot vandag beskou as die Romeinse nasionale epos en is geskoei op die lees van Homeros se Ilias en Odussee. Dit volg die Trojaanse vlugteling Eneas in sy stryd ter vervulling van sy roeping en sy aanland op Italiaanse bodem – volgens die Romeinse mitologie die stigting van Rome. Vergilius se werke het ’n wye en groot invloed op Westerse letterkunde. Dit kan vernaamlik opgemerk word in Dante se Goddelike Komedie, waarin Vergilius verskyn as Dante se gids deur die hel en vaevuur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search