Verkiesings in Suid-Afrika


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Verkiesings in Suid-Afrika vind plaas op nasionale, provinsiale en plaaslike vlakke. Suid-Afrika is 'n veelparty-demokrasie met die African National Congress wat regeer met 'n beduidende meerderheid sedert 1994. Alhoewel die Demokrasie-Indeks wat deur die Economist geloods is, meen dat demokrasie in Suid-Afrika misluk het, is die telling vir die verkiesingsproses dieselfde as dié van die Verenigde State en Japan.[1] 'n Sisteem van proporsionele verteenwoordiging is in plek wat dit moontlik maak vir klein partye om verteenwoordiging in die parlement te kry.

Die parlement het twee kamers en kies self die president. Die Nasionale Vergadering het 400 lede wat vir 'n termyn van vyf jaar verkies word. Die Nasionale Raad van Provinsies het 90 lede wat ook vir 'n termyn van vyf jaar verkies word deur die provinsiale parlemente. Die Nasionale Vergadering en Provinsiale Rade word verkies wanneer die algemene verkiesings plaasvind.

Lede van die plaaslike regeringsrade in die munisipaliteite, asook die burgemeesters, word in plaaslike verkiesings verkies.

  1. "Democracy Index 2008" (PDF). Besoek op 11 Februarie 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search