Verkoue

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Verkoue
Klassifikasie en eksterne bronne
Oppervlakstruktuur van 'n rhinovirus, een van die belangrikste oorsake van verkoue
Oppervlakstruktuur van 'n rhinovirus, een van die belangrikste oorsake van verkoue
ICD-10 J00.0
ICD-9 460
DiseasesDB 31088
MedlinePlus   000678
eMedicine med/2339
MeSH D003139
Mediese waarskuwing

'n Verkoue is 'n infeksie van die boonste lugweg wat maklik versprei en meestal tot ontsteking van die neus lei. Van die simptome is: hoes, keelseer, verstopte neus, 'n loopneus en koors. Meestal verdwyn die simptome na sewe tot tien dae. Sommige simptome kan egter tot drie weke duur. Daar is meer as tweehonderd virusse wat verkoue veroorsaak. Die rinovirus is die belangrikste oorsaak, maar die koronavirus is ook 'n moontlike sondaar.

Daar is geen medikasie teen verkoues nie, maar die simptome kan wel behandel word. Verkoue is die mees algemene infeksiesiekte by mense. Gemiddeld kry volwassenes twee tot drie keer per jaar verkoue. Kinders kry gemiddeld ses tot twaalf keer per jaar verkoue. Mense kry hierdie infeksie al sedert die vroegste tye. Iemand kan 'n draer van die virus wees, en selfs ander aansteek, sonder om self enige simptome van 'n verkoue te toon.

Boonste lugweginfeksies word losweg ingedeel volgens die dele wat dit aantas. Die gewone verkoue beïnvloed hoofsaaklik die neus, keel (faringitis) en die sinusse (sinusitis), soms ook een of albei via konjunktivitis. Die simptome is hoofsaaklik die gevolg van die liggaam se immuunreaksie op die infeksie, eerder as dat weefsel deur die virus vernietiging word. Die gewone verkoue kan soms lei tot longontsteking (óf virale longontsteking óf sekondêre bakteriële longontsteking). Die primêre metode van voorkoming is om gereeld hande te was. Daar is ook bewyse wat daarop dui dat die dra van 'n masker effektief is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search