Versamelnaam

'n Trop skape.

'n Versamelnaam of versamelwoord is 'n selfstandige naamwoord wat 'n versameling dinge van dieselfde soort aandui. Hoewel versamelwoorde na 'n versameling of groepering verwys, is hulle almal enkelvoude.

Enkele voorbeelde ter illustrasie (die versamelnaam word in vetdruk aangedui):

  • Dit is 'n pragtige bos blomme.
  • Ek het 'n stapel boeke om te studeer!
  • Watter rugbyspan ondersteun julle?

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search