Victoria-waterval

Victoria-waterval*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Victoria-waterval
Ligging van Victoria-waterval op 'n kaart (Zimbabwe)
Victoria-waterval
Victoria-waterval
Ligging van die Victoria-waterval in Zimbabwe
Koördinate: 17°55′28″S 25°51′24″O / 17.92444°S 25.85667°O / -17.92444; 25.85667
Lande Vlag van Zambië Zambië
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Tipe Natuur
Kriteria vii, viii
Verwysings 509
Streek Afrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1989  (13de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Victoria-waterval (Engels: Victoria Falls) is die grootste waterval in Afrika en is geleë in die Zambezirivier op die grens van Zimbabwe en Zambië.[1] Suid van die waterval is die Zimbabwiese dorp Victoria Falls en noord daarvan lê die Zambiese stad Livingstone. Dit is een van Afrika se grootste toeriste-aantreklikhede.

Die buitewêreld het die eerste keer van die waterval gehoor toe David Livingstone op 17 November 1855 daarop afgekom het.[1] Hy het dit stroom af benader in ’n kano en dit van die punt van die eiland, wat ter ere aan hom vernoem is, waargeneem. Die Makololo naam vir die waterval is Mosi-oa-Tunya, wat "die rook wat donder" beteken. Livingstone het die waterval genoem na Victoria van die Verenigde Koninkryk.[1]

Die waterval is 1 717 m breed en die gemiddelde hoogte is 92 m. Wanneer die rivier in April en Mei die sterkste afkom, vloei ’n derde van ’n miljoen kubieke meter water per minuut oor die rand van die waterval.

Ligging van die Victoria-waterval op 'n kaart van Afrika
  1. 1,0 1,1 1,2 "Victoria Falls". World Digital Library (in Engels). 1890–1925. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 1 Junie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search