Vlag van Belarus

Vlag van Belarus
Vlag van Belarus
Vlag van Belarus
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 25 Desember 1951 (Sowjetse ontwerp)
7 Junie 1995 (oorspronklike ontwerp met ’n dunner ornamentele patroon)[1]
10 Februarie 2012 (huidige ontwerp met ’n dikker ornamentele patroon)[2]
Ontwerp ’n Horisontale tweekleur in rooi en groen met ’n rooi ornamentele patroon op wit in ’n vertikale baan aan die vlagpaalkant.
Ontwerp deur Matrona Markewitsj (oorspronklike roesjnikontwerp)
Mikhail Hoesjef (oorspronklike Sowjetse ontwerp)
Aleksandr Loekasjenko (huidige variant)

Die nasionale vlag van Belarus is op 7 Junie 1995 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur in rooi en groen met ’n rooi ornamentele patroon op wit in ’n vertikale baan aan die vlagpaalkant.

Die huidige ontwerp is in 2012 deur die Staatskomitee vir standaardisering van die Republiek Belarus bekendgestel en is aangepas van ’n ontwerp wat tydens ’n referendum in 1995 goedgekeur is. Dit is ’n wysiging van die 1951-vlag wat gebruik is toe die land ’n republiek in die Sowjetunie was. Veranderinge wat aangebring is aan die vlag is die verwydering van die kommunistiese simbole – die hamer en sekel en die rooi ster – asook die omkeer van die kleure in die ornamentele patroon. Sedert die referendum in 1995 is verskeie vlae deur regeringsamptenare en -agentskappe gebruik wat op hierdie ontwerp geskoei is.

Histories is die wit-rooi-wit-vlag deur die Wit-Russiese Volksrepubliek in 1918 gebruik voordat Belarus ’n Sowjetrepubliek geword het, daarna deur die Wit-Russiese nasionale beweging in Wes-Belarus, gevolg deur wydverspreide nieamptelike gebruik gedurende die Duitse besetting van Belarus tussen 1942 en 1944, en weer nadat die land onafhanklikheid verkry het in 1991 tot die 1995-referendum. Opposisiegroepe het steeds hierdie vlag gebruik hoewel die gebruik van die vlag deur die regering beperk is omdat dit sê dat die vlag bande met Nazi-samewerking gedurende die Tweede Wêreldoorlog het. Die wit-rooi-wit-vlag is in 2020-2021 gebruik tydens protesoptogte teen die regering en ook deur die Belarussiese diaspora.

  1. (en) "Belarus". Flags of the World. Besoek op 14 Junie 2023.
  2. (ru) "СТБ 911-2008 Государственный флаг Республики Беларусь. Общие технические условия (STB 911-2008: Nasionale Vlag van die Republiek Belarus. Tegniese Spesifikasies)". Staatskomitee vir Standaardisering van die Republiek Belarus. 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2018. Besoek op 19 Augustus 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search