Vlag van Bonaire

Vlag van Bonaire
Vlag van Bonaire
Vlag van Bonaire
Gebruik Burgerlike- en Staatsvlag Burgerlike en staatsvlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 11 Desember 1981[1]
Ontwerp Die vlag vertoon 'n geel driehoek in die skildhoek en ’n blou driehoek aan die wapperkant. Die twee driehoeke word geskei deur ’n breë wit diagonale baan waarin ’n rooi sespuntige ster binne ’n swart kompas is.

Die vlag van Bonaire is op 11 Desember 1981 amptelik in gebruik geneem. Hierdie dag word ook “Dag van de Vlag” genoem. Dit beteken letterlik vlagdag en hierdie dag word gevier op ses voormalige eilande van die Koninkryk van die Nederlande wat aan die Nederlandse Antille behoort het. Dit is ’n vakansiedag waar daar baie amptelike seremonies is en die vlag vertoon word. Die vlag vertoon ’n geel driehoek in die skildhoek en ’n blou driehoek aan die wapperkant. Die twee driehoeke word geskei deur ’n breë wit diagonale baan waarin ’n rooi sespuntige ster binne ’n swart kompas is.

Die Amerikaanse vlagdeskundige Whitney Smith het die riglyne tydens die ontwerp van die vlag gegee.

  1. (en) "Bonaire (Karibbiese Nederland)" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2018. Besoek op 5 Januarie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search