Vlag van Chili

Vlag van Chili
Vlag van Chili
Vlag van Chili
Bynaam (es) La Estrella Solitaria
(af) Die Alleenstaande Ster
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 18 Oktober 1817[1]
Ontwerp Twee ewe hoë horisontale bane in wit bo en rooi onder met ’n blou vierkant in die skildhoek waarin ’n wit vyfpuntige ster is.
Ontwerp deur José Ignacio Zenteno of Gregorio de Andia y Varela
Wisselvormvlag van Chili
Wisselvormvlag van Chili
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 1:1
Ontwerp ’n blou vierkant waarin ’n wit vyfpuntige ster is.

Die nasionale vlag van Chili is op 18 Oktober 1817 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee ewe hoë horisontale bane in wit bo en rooi onder met ’n blou vierkant in die skildhoek waarin ’n wit vyfpuntige ster is. Die Chileense vlag is in Spaans bekend as La Estrella Solitaria (Die Alleenstaande Ster).[2]

Dit het ’n verhouding van 2:3 en is horisontaal verdeel in twee bane van gelyke grotte waarvan die onderste rooi is. Die boonste deel is verder verdeel in ’n blou vierkant met ’n enkele gesentreerde wit ster en ’n wit reghoek met ’n verhouding van 1:2.

Die ster verteenwoordig dalk ’n gids tot vordering en eer, terwyl volgens ander interpretasies die ster onafhanklikheid voorstel; blou verteenwoordig die hemel en die Stille Oseaan, wit is vir die sneeubedekte Andes en rooi staan vir die bloed wat op pad na onafhanklikheid gevloei het.[3]

Volgens die epiese gedig La Araucana is die kleure ontleen van die vlag wat deur die Mapuche tydens die Arauco-oorlog gehys is. Die Vlagdag word jaarliks op 9 Julie gehou om die 77 soldate wat tydens die Slag van Concepción in 1882 gesterf het te gedenk.

  1. "Chili" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2019. Besoek op 21 Mei 2019.
  2. (es) Claudio Navarro. "Símbolos: La Bandera". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2008. Besoek op 8 Junie 2008. {{cite web}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)
  3. "Chili". CIA World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 21 Mei 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search