Vlag van Finland

Vlag van Finland
Vlag van Finland
Vlag van Finland
Bynaam siniristilippu, blåkorsflagga
Gebruik Burgerlike vlag en vaandel Burgerlike vlag en vaandel
Verhouding 11:18
Goedgekeur 28 Mei 1918[1]
Ontwerp ’n Blou Skandinawiese kruis op ’n wit veld
Wisselvormvlag van Finland
Wisselvormvlag van Finland
Bynaam Staatsvlag
Gebruik Staatsvlag en -vaandel Staatsvlag en -vaandel
Verhouding 11:18
Goedgekeur 1978
Ontwerp ’n Seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld met ’n reghoekige wapen van Finland (in die kleure goud en silwer op rooi)
Wisselvormvlag van Finland
Wisselvormvlag van Finland
Bynaam Swawelstertstaatsvlag
Gebruik Oorlogsvlag en Vlootvaandel Oorlogsvlag en vlootvaandel
Verhouding 11:19
Goedgekeur 1978
Ontwerp ’n Seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld met ’n reghoekige wapen van Finland (in die kleure goud en silwer op rooi), swawelstert
Afmetings:
4:3:4 (vertikaal)
5:3:6:5 (horisontaal)
Wisselvormvlag van Finland
Wisselvormvlag van Finland
Bynaam Presidentsvlag
Gebruik Ander Ander
Verhouding 11:19
Goedgekeur 1918
Ontwerp ’n Seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld met ’n reghoekige wapen van Finland (in die kleure goud en silwer op rooi), swawelstert, met die vryheidskruis in die skildhoek (in die kleure goud op blou)
Wisselvormvlag van Finland
Wisselvormvlag van Finland
Bynaam Vlootvaandel
Gebruik Ander Ander
Verhouding 1:1
Goedgekeur 1918
Ontwerp ’n Wit veld met die wapen van Finland in die middel

Die nasionale vlag van Finland is op 28 Mai 1918 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld. In Fins word die vlag siniristilippu en in Sweeds blåkorsflagga (“bloukruisvlag”) genoem. Die Skandinawiese kruis verteenwoordig Christenskap.[2][3][4][5][6]

Die staatsvlag toon ’n landswapen in die middel, maar dit is andersins identies aan die burgerlike vaandel. Die swawelstertstaatsvlag word deur die weermag gebruik. Die presidentsvlag is identies aan die swawelstertstaatsvlag, maar dit toon in die skildhoek die kruis van vryheid waarvan die Finse president as hoofmeester dien. Net soos die vlag van Swede is die vlag van Finland geskoei op die Skandinawiese kruis. Dit is na Finse onafhanklikheidwording van die Russiese Ryk aanvaar, toe baie Patriotiese Finne ’n unieke vlag vir hul land wou hê, maar sy ontwerp dateer uit die 19de eeu. Daar word gesê dat die blou kleur die land se duisende mere en die lug verteenwoordig, met wit vir die sneeu wat die land in die winter bedek. Hierdie kleurkombinasie is ook oor eeue heen in verskeie Finse provinsiale, militêre en dorpsvlae gebruik.

  1. (en) "Finland". Flags of the World. Besoek op 23 Julie 2024.
  2. (en) Jeroen Temperman (2010). State Religion Relationships and Human Rights Law. Martinus Nijhoff Publishers. ISBN 978-9004181489. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2023. Besoek op 23 April 2023.
  3. (fi) Varpio, Yrjö (1980). Väinö Linna: toisen tasavallan kirjailija. Söderström. p. 235. ISBN 9789510100813. Besoek op 23 Oktober 2014.
  4. (en) Carol A. Foley (1996). The Australian Flag: Colonial Relic or Contemporary Icon. William Gaunt & Sons. ISBN 978-1-86287-188-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2023. Besoek op 31 Desember 2007.
  5. (en) Andrew Evans (2008). Iceland. Bradt. ISBN 978-1-84162-215-6. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2023. Besoek op 31 Desember 2007.
  6. (fi) "Suomen lippu muistuttaa kristillisistä arvoista". Rauhantervehdys 41/2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2017. Besoek op 9 Maart 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search