Vlag van Kenia

Vlag van Kenia
Vlag van Kenia
Vlag van Kenia
Gebruik Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel Nasionale vlag en burgerlike- en staatsvaandel
Verhouding 5:9
Goedgekeur 12 Desember 1963
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan met, in die middel van die vlag, twee spiese wat agter ’n rooi, wit en swart Masaiskild gekruis is.
Wisselvormvlag van Kenia
Wisselvormvlag van Kenia
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Wit vlag met die nasionale vlag in die skildhoek en ’n groot rooi anker op die wapperkant.
Wisselvormvlag van Kenia
Wisselvormvlag van Kenia
Bynaam Lugmagvaandel
Verhouding 2:3
Ontwerp ’n Blou vlag met die nasionale vlag in die skildhoek en die rondeau van die lugmag op die wapperkant.

Die nasionale vlag van Kenia (Engels: Flag of Kenya; Swahili: Bendera ya Kenya) is op 12 Desember 1963 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie ewe wye horisontale bane in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan. In die middel van die vlag is ’n afbeelding van ’n tradisionele Masaiskild met twee spiese wat daar agter oormekaar gekruis is. Die vlootvaandel is die enigste variasie op die vlag van Kenia. Dit is ’n wit vlag met die nasionale vlag in die skildhoek en ’n groot rooi anker op die wapperkant.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search