Vlag van Suid-Afrika

Vlag van Suid-Afrika
Vlag van Suid-Afrika
Vlag van Suid-Afrika
Bynaam Die Seskleur / Die Reënboogvlag
Gebruik Burgerlike- en staatsvlag en vaandel Burgerlike en staatsvlag en -vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 27 April 1994
Ontwerp ’n Swart driehoek met geel fraiing teen die vlagpaal, ’n groen gaffel met wit fraiings met sy tande teen die vlagpaal en loop tot in die wapperkant met rooi bo en blou onder.
Ontwerp deur Frederick Brownell
Wisselvormvlag van Suid-Afrika
Wisselvormvlag van Suid-Afrika
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 29 September 1994
Ontwerp ’n Groen Sint Joriskruis met wit agtergrond en die nasionale vlag in die skildhoek.
Wisselvormvlag van Suid-Afrika
Wisselvormvlag van Suid-Afrika
Bynaam Lugmagvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 27 April 1994
Ontwerp ’n Blou vlag met die rondeau van die Suid-Afrikaanse Lugmag in die wapperkant en die nasionale vlag in die skildhoek.

Die nasionale vlag van Suid-Afrika is op 20 April 1994 in die Staatskoerant afgekondig en op 27 April 1994 amptelik in gebruik geneem. Die vlag is reghoekig en het ’n ewe groot rooi (bo) en blou (onder) horisontale band, wat deur ’n middelste groen band geskei word. Die groen band vertak in ’n horisontale Y-vorm, waarvan die twee bene in die hoeke aan die vlagpaal se kant eindig. Binne-in die twee groen bene is ’n swart driehoek, wat met goue strepe geskei word. Die rooi en blou band word deur wit strepe van die groen band geskei. Die bane aan die wapperkant het ’n verhouding van 5:1:3:1:5.

Die vlag van Suid-Afrika is in Maart 1994 deur die destydse Suid-Afrikaanse staatsheraldikus Frederick Brownell ontwerp en aan die begin van die algemene verkiesing van 1994 goedgekeur. Die nuwe nasionale vlag is gekies om die land se nuwe demokrasie aan die einde van apartheid te simboliseer en het die vlag vervang wat van 1928 af gebruik is. Met die einde van apartheid was daar ’n algemene gevoel dat die voormalige nasionale vlag – bekend as Oranje, Blanje, Blou weens sy kleure – vervang moes word as gevolg van sy rassistiese konnotasies in die oë van baie Suid-Afrikaners. Die ou vlag word vandag dikwels óf as ’n simbool van Afrikanernasionalisme of as ’n simbool van apartheid beskou.

In die soeke na ’n nuwe vlag is die publiek ingespan om aan ’n wedstryd deel te neem, maar geen van die ontwerpe is deur die Nasionale Simbolekommissie goedgekeur nie. Toe die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika nader, is ’n ontwerp van Frederick Brownell tydelik aangeneem en net sewe dae voor dié geleentheid aan die publiek bekendgestel. Die reaksies was só positief dat die tydelike vlag amptelik as nasionale vlag in die grondwet van Suid-Afrika, Hoofstuk 14 se Bylae 1Nasionale Vlag (bl. 129), ingeskryf is. Gesien in die lig van die probleme wat Suid-Afrika in sy geskiedenis beleef het, is die konsensus oor die nuwe nasionale vlag buitengewoon. Ten spyte van sy nuutheid het die vlag ’n uitstekende nasionale simbool geword. Byname vir die vlag sluit in die Seskleur[1] en die Reënboogvlag.[2]

  1. (af) Hannelee Doubell (20 Oktober 2008). "1994". LitNet. Besoek op 9 November 2023.
  2. (en) Rachael Gumede (23 Julie 2020). "South African Flag: Colors, Meaning & Rules Abouth The National Symbol". BuzzSouthAfrica. Besoek op 9 November 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search