Vlieg (dier)

Brachycera
Tachnina praeceps
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Brachycera
Infraorde

Asilomorpha
Muscomorpha
Stratiomyomorpha
Tabanomorpha
Vermileonomorpha
Xylophagomorpha

'n Vlieg

Vlieë (Brachycera) is 'n suborde van die tweevlerkiges (Diptera). Die suborde omvat sowat 120 families. Die vernaamste kenmerk van hierdie spesies is dat hulle gereduseerde antennes het. Baie van die spesies is roofdiere of aasvreters, maar daar is ook blomme soos die van pepergras wat deur vlieë bestuif word.

Met hul relatief sterk geboude liggaam, groot kop en redelik stewige pote kan vlieë (subordes Brachycera en Cyclorrhapha) maklik van skraler geboude muggies (suborde Nematocera) onderskei word. Sowel die larwes (maaiers) as die volwasse insekte toon onderling baie uiteenlopende lewenswyses.

Veral onder die bloedsuiende spesies kom daar 'n paar vlieë voor wat ook vir die mens gevaarlik is, soos die tropiese tsetsevlieg wat die dodelike slaapsiekte veroorsaak. Vlieë (subordes Brachycera en Cyclorrhapha) is baie klein tot betreklik groot tweevlerkige insekte (orde Diptera).

Die wetenskaplike naam Brachycera beteken "kort voelers" en verwys na die kort voelspriete wat net uit 'n paar segmente bestaan. Die liggaam van die meeste vlieë is nogal stewig en rond in vergelyking met die van skraal geboude muggies (suborde Nematocera). Die monddele is by soorte soos die huisvlieg tot 'n suigsnuit en by ander soorte tot steek-suigende organe omvorm. Die suigsnuit word deur die onderlip gevorm en die voedsel word deur middel van ʼn suigende beweging opgeneem.

Die liptasters is tot lippies omvorm wat in afmetings kan wissel. By die spesies met steek-suigende monddele funksioneer die onderlip as 'n skede vir die stilette of is dit self tot ʼn steekwapen omvorm. Die kaaktasters, wat uit een of twee lede bestaan, is na vore gerig. Afgesien van die uitsonderings soos die jagtende Dasypogoninae met lang, spinnekopagtige pote, is die ledemate van vlieë baie kort en stewig.

By 'n aantal families is die liggaam meer of minder dig behaar en sommige roofvlieë het opvallende "snorre" en "bakkebaarde". Soos muggies maak vlieë 'n volledige gedaantewisseling deur. Die larwe verskil sowel in bou as in lewenswyse baie van die volwasse insek. Teen die einde van die larvale stadium word 'n papie gevorm, waaruit die volwasse imago te voorskyn kom.

Die kop van die pootlose vlieglarwe of maaier is volledig of deels gereduseer en die voorste kake is omvorm tot mondhake wat vertikaal op en af beweeg. Asemhaling vind deur die asemhalingsbuise plaas waarvan daar gedurende die larwestadium net ʼn paar ontwikkel. Maaiers kom in die uiteenlopendste omgewings voor: in die grond, in die bloed of in die inwendige organe van bepaalde gashere, of soos die larwe van die merkwaardige olievlieg (Psilopa petrolii) in die Kaliforniese aardoliemoerasse.

Die larwes van die soutvliegies (genus Ephydra) is ook by uiterste omgewingstoestande aangepas en kom byvoorbeeld in die soutwater van minerale bronne voor. Die larwe van die verwante genus Scatella leef in die warmwaterbronne van Ysland, Japan, die Nasionale Park Yellowstone in die VSA, Nieu-Seeland en Kamtsjatka en kan temperature van tot 55 °C oorleef.

Soms bly die larwes in die moederliggaam totdat hulle die papiestadium bereik het. Hierdie merkwaardige ontwikkeling kom onder meer by die tsetsevlieg (genus Glossina) voor, wat groot dele van Afrika onbewoonbaar maak omdat hulle die verspreiders is van die dodelike slaapsiekte by die mens en van nagana by vee. Ook by die luisvlieë (familie Hippoboscidae) en die 2 families vlermuisluisvlieë (Nycteribiidae en Streblidae) kom die larwes te voorskyn wanneer hulle vir die papiestadium gereed is.

Gevolglik is hierdie 3 vlieëfamilies vroeër saamgevat onder die naam Pupipara = "papiebarend". Die luis- en vlermuisvlieë is parasiete op die huide van voëls, hoefdiere en vlermuise. Sodra dit 'n goeie gasheer gevind het, verloor die luis- en vlermuisvlieë dikwels hul vlerke, omdat hulle dit nie meer nodig het nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search