Voerkraal

Vleisbeeste in 'n voerkraal in noord-Texas

'n Voerkraal is 'n soort diervoedingskema wat aangewend word in fabrieksboerdery vir die afronding van vee, veral vleisbeeste, maar ook varke, perde, skape, kalkoene, hoenders of eende, vir slagdoeleindes. Groot beesvoerkrale staan soms bekend as Gekonsentreerde Diervoedingskemas.[1] Voerkrale kan duisende diere huisves in 'n roosterrangskikking van krale. Meeste voerkrale benodig 'n toegekenne owerheidspermit en moet planne implementeer vir die wegdoening van die groot hoeveelheid afval wat gegenereer word. In die VSA het die Omgewingsbewaringsagentskap byvoorbeeld die gesag by wyse van die Waterwet om alle intensiewe diervoedingskemas te reguleer. Hierdie gesag word in sekere gevalle na indiwiduele state gedelegeer.[2]

  1. "Diervoedingskemas" (in Engels). V.S.A. Omgewingsbewaringsagentskap. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2014. Besoek op 20 Junie 2010.
  2. 2008 Finale CAFO Reël, USEPA, Kantoor vir Water, 2009. http://cfpub.epa.gov/npdes/afo/cafofinalrule.cfm Geargiveer 17 Junie 2009 op Wayback Machine

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search