Volksraad van Suid-Afrika

Die Nasionale Party se koukus in die Volksraad omstreeks 1950.

Die Volksraad van Suid-Afrika (Engels: House of Assembly of South Africa) was die laerhuis van die parlement van Suid-Afrika van 1910 tot 1981, die enigste parlementêre kamer tussen 1981 en 1984, en eindelik die wit verteenwoordigende huis van die Driekamerparlement van 1984 tot April 1994, toe dit vervang is deur die huidige Nasionale Vergadering.

Dwarsdeur die geskiedenis is dit uitsluitlik saamgestel uit wit afgevaardigdes wat hoofsaaklik deur blanke Suid-Afrikaners verkies is, maar tot 1960 en 1970, onderskeidelik, het 'n paar Kleurlinge en Swart mense in die Kaap en Natal 'n beperkte vorm van stemreg geniet.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search