Volstruis

Volstruis
Mannetjie in Tanzanië
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Struthionidae
Genus:
Struthio
Spesie:
S. camelus
Binomiale naam
Struthio camelus
Subspesies

Sien artikel.

Verspreiding van die subspesies

     S. c. camelus
     S. molybdophanes
     S. c. massaicus
     S. c. australis

Die volstruis (Struthio camelus) is 'n loopvoël wat inheems aan Afrika is, waar dit aangetref word in woestynagtige gebiede, oop vlaktes en die bosveld. Dit is die enigste oorlewende spesie van die familie, Struthionidae, en die genus Struthio. 'n Volstruis het 'n maklik-herkenbare voorkoms met sy lang nek en lang bene. Volstruise kan ook baie vinnig hardloop en het die vinnigste landspoed van alle voëls: 65 km/h.[1]

Volstruise is ook die grootste lewende spesie van die voëlklas en daar word met volstruise dwarsoor die wêreld geboer. Die wetenskaplike naam vir 'n volstruis is van die Griekse strouthokamelos ("kameelmossie"), met verwysing na die voël se lang nek; die Grieke het ook na die voël as strouthos megale ("groot mossie") verwys.[2] Die Afrikaanse benaming is 'n omgekeerde vereenvoudiging van die Nederlandse struisvogel ("struisvoël").

'n Mannetjiesvolstruis het swart en wit vere met 'n rooibruin stert, terwyl die wyfie (en ook onvolwasse volstruise) vaalbruin en wit vere het. 'n Volwasse volstruis het 'n gemiddelde lengte van 2 meter.

Tydens die broeityd vertoon die mannetjie se voorbene rooierig. 'n Volstruiskuiken lyk soos 'n korhaan, maar is meer donsagtig, met 'n afgeplatte snawel en dik bene.

Snags maak die mannetjies 'n harde dreunbrul.

  1. Speed of Animals by Infoplease.com.
  2. "Ostrich". Online Etymology Dictionary (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search