Voorhoofreeksster

’n Voorhoofreeksster (of VHR-ster) is ’n ster in ’n stadium voordat dit die hoofreeks bereik. Vroeër in sy ontwikkeling is die voorwerp ’n protoster wat groei deur die verkryging van massa uit die omringende sirkumstellêre skyf stof en gas. Nadat die protoster dié skyf weggeblaas het, is dit opties sigbaar en verskyn dit op die sterontwikkelingslyn op die Hertzsprung-Russell-diagram.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search